
Wat is
Lamb Champs?
Lamb Champs is ‘n jaarlikse kompetisie en fees wat toegewy is aan die uitstal van die beste lamprodusente van regoor Suid-Afrika. Aangebied deur Saai (Suider-Afrika Agri-Inisiatief), bring Lamb Champs familieboere bymekaar om mee te ding vir die titel van die smaaklikste en hoogste kwaliteit lam.
Die geleentheid dien ook as ‘n platform vir hierdie boere om hul unieke stories te deel, met verbruikers te skakel, en blootstelling aan nuwe markte te kry. Lamb Champs is meer as net ‘n kompetisie; dit is ‘n viering van tradisie, kwaliteit en die toewyding van Suid-Afrikaanse familieboere.
Kry jou kaartjies vir ons volgende fees!

Lamb Champs – Pretoria
Name | Price | Buy |
---|---|---|
Lamb Champs - Pretoria - Volwassenes | R280.00 | |
Lamb Champs - Pretoria - Kinders | R180.00 |
Laat weet my wanneer kaartjies beskikbaar is!
Wat kan jy verwag?
By Lamb Champs kan jy ‘n dag vol opwinding, heerlike kos, en vermaak verwag. Die geleentheid bevat ‘n kulinêre kompetisie waar topboere meeding om die gesogte titel van die beste lam- of bokvleis in die land. Feesgangers kan ‘n verskeidenheid van lam proe en vermaak geniet. Die geleentheid sluit ook uitstallers in en bied die geleentheid om die boere te ontmoet wat die beste lamsvleis na jou tafel bring. Of jy nou ‘n kosliefhebber, ‘n boer, of net iemand is wat ‘n lekker dag wil hê, Lamb Champs het iets vir almal.
Vermaak
Beleef die betowering van lewendige musiek by Lamb Champs, met optredes van top kunstenaars!
Moet nie jou volgende Lamb Champs misloop nie - dit sal jou laat dans en saam sing die hele dag lank. Sluit by ons aan vir 'n dag van musikale genot!
Ons Uitstallers
Verken ’n verskeidenheid stalletjies by Lamb Champs, wat alles aanbied van klere en skoene, huis- en tuingoedere, sport- en buitelugtoerusting, tot plante en blomme. Ons verkopers bring kreatiwiteit en gehalte, wat verseker dat daar iets spesiaal vir almal is.
Tradisionele skaapkop kompetisie
Ons legendariese "skaapkop"-kompetisie is 'n hoogtepunt by elke Lamb Champs-geleentheid, en bied 'n opwindende uitdaging vir die waaghalsige en avontuurlustiges!
Vyftig onverskrokke mededingers teken aan om die uiteindelike toets aan te pak, 'n gaar skaapkop te eet en 'n 500 ml-bier te smul - alles in minder as 15 minute.
Dit is 'n dag gevul met lag, gejuig en strawwe mededinging terwyl almal meeding vir die gesogte titel van uiteindelike “skaapkop”-kampioen.

Waaroor gaan die reeks?
Waar kom daardie sappige lamsvleis op jou kole vandaan? Wie is die boere wat dit moontlik maak? Hierdie is nie net ‘n program oor skaapboerdery nie – dit is ‘n storie oor familie, tradisie en passie!
In Lamb Champs se tv reeks neem ons jou regoor Suid-Afrika, waar ons 6 skaapboere van verskillende streke volg. Hulle deel hul storie, hul uitdagings en hul trots – die uitsonderlike lamsvleis wat uiteindelik op jou bord beland.
Lamsvleis is steeds ‘n ware familieproduk – iets spesiaal wat ons met geliefdes deel. Anders as hoender, bees en vark wat oor die jare verwerk is tot nugget-, patty- en worsformate, is lamsvleis nog lamsvleis. Dit bly ‘n ware, rou, natuurlike produk – en dit is wat Lamb Champs vier.
Saam met Saai, Pick n Pay en Toyota bring ons jou nader aan die mense agter die vleis. Dit gaan oor meer as net boerdery – dit gaan oor die storie agter die tjop op die rak.
- Verskyn: 16 Maart 2025, 20:00, Kyknet
- Tyd: 20:00
- Waar om te kyk: Kyknet or DSTV Catchup
Dit is lekker om die mense agter die boerdery te sien, die regte omgee en liefde vir hul diere, die omgewing en hul mense.
Johnny Bell
n Puik program wat mens nie mag misloop nie! Lamb Champs beeld die storie van ons platteland uit, wat stedelinge hopelik beter insiens sal gee oor ons uitdagings en drome as skaap boere. Inderdaad die storie agter die tjop.
Billy Schoeman
Ons geniet die program terdeë! Dit is baie insiggewend en raak die hartsnoere diep om te sien waardeur boere elke dag gaan en die uitdagings wat hulle moet oorkom om 'n lewe te kan maak!
Mari Vermaas
Dit gee 'n kykie in die lewe van die skaapboer. As deelvan die gemeenskap is dit so goed om te sien ons storie word vertel.
Ezelle Marais
Uitstekende program !! Ons lag en huil saam met die boere maar vleis sal ons eet ! Kan nie wag vir die volgende episode en nou waardeer ons ons boere se harde werk en Bid .
Anet Keevy
Ek is absoluut mal oor die program. Die uiteenlopende groep boere-, en elkeen se unieke storie en liefde vir boerdery-, gee vir 'n mens 'n vars blik op die uitdagings van boerderye en die lewe van boere in ons land. Dit is belangrik dat mens dit sien.
Ann Snyman
Ek gaan ń lamstjoppie baie anders benader.... soos ń zero calorie food😂
Ek sou dit beslis nie tussen die stof en bossies gemaak het nie!
Al is ek ń skaapboer se dogter, en suster, het ek deur die program net weer soveel respek vir boere gekry. Ek is bitter trots op hulle. Omdat hulle baklei teen onregverdige, wrede elemente, maar ook omdat hulle so afhanklik en lief is vir die Here. Die Vader alleen weet, geen mens kan alleen boer nie!!
Ons eet sommer nou drie keer per week skaapvleis.
Baie Sterkte, ons geniet dit baie, en julle inspireer ons om dankbaar te wees.
Madri Steyn
Dat ons boere se stem gehoor word is belangrik.
Dis ook belangrik vir die man op die straat om te sien wat op ons plase gebeur.
Dankie vir lamb champs wat dit moontlik maak!!
Pieter De klerk
Hierdie program is so eg en naby aan my hart omdat ekself op 'n plaas in die Kalahari grootgeword het en my ouers en broer steeds daar boer. Dit is baie hartseer om te sien wat die boere van vandag moet trotseer en die boere wat so eerlik is, maak die program net nog mooier. Ek sit elke Sondagaand vasgenael voor die TV en is dit verseker een van ons gunsteling programme.
Adri Sevenster
Lamb Champs is a truly captivating and heartwarming celebration of South Africa's rich farming heritage. Every episode takes you on a journey into the lives of passionate farmers, showcasing their dedication to quality lamb farming and their deep connection to the land. The show beautifully blends tradition and modernity, offering not just an insight into farming, but also into the vibrant culture and stories behind it.
Jenny Pienaar
Leon De Jager
Gerrit Van Rhyn
Wat gaan ek nou kyk op n Sondagaand na die laaste episode van die Lamb champs. Dit motiveer my om beter lam te produseer en te sien dat alle skaap boere deur die selfde uitdagings gaan om n lam mark gereed te kry. Welldone dit was n mooi storie.
Philip Frost
Saai dankie vir 'n briljante program, dankie vir dit wat julle vir die Suid Afrikaanse skaap boere doen. Dankie dat julle nie skroom om die harde realiteite van moorde, diefstal en uitdagings dokumenteer nie. Well done oom Theo, Francois en die hele Saai span, julle is ysters!!! Mag Lambchamps nog baie jare voortleef. Trotse Lambchamp deelnemer.
Garry Francis
Lance Bainbridge
Ammie Pringle
Jane Bainbridge
Alex Cameron
Andre Binedell
Sandra Raubenheimer
It was an amazing experience would definitely want to see more
Tlotliso Fobanes
GD van Schalkwyk
Eloise De Villiers
Christa Buys
Basil De Coning
Lourens Van Heerden
Louw Du plessis
Gaffel du Plessis
Lenie Greeff
Elorina Du Plessis
Andrew Patersob
Johan Ferreira
Hennie Liebenberg
Lize Frost
Nikki Collett
Anton jnr Nel
Hannes Grey
Hanli Louw


Het jy wat dit vat on die volgende Lamb Champ te wees?
Jy voorsien net die karkas, ons doen die res. Skryf vanag nog in deur die skakel te volg hieronder

Trots Geborg deur


Wie is Saai?
Saai is gestig om familieboere op hulle plase te hou.
Saai raak betrokke by alles wat die verskynsel van familieboerderye kan help oorleef; toegang tot finansiering, versekering, tegnologie, bemarking, politieke beleid, veiligheid, opvolgbeplanning en kompeterendheid.
In Saai doen ons baie moeite om klein dorpies staande te hou. Ons fokus op laerskole, gemeentes, koöperasies en gemeenskapsaktiwiteite ter wille van daardie gesinne vir wie dit hulle naaste dorp is.
Baie mense in die stad het nie meer ‘n oom of ‘n oupa wat boer nie, en hulle belewenis van kos eindig by ‘n winkelrak. Saai probeer die wêreld agter die rak vir hulle oopmaak en om hulle voor te stel aan die boer wat sorg dat daar nog goeie kos op die rak is.