Smiling woman in a light jacket and scarf standing outdoors in farm setting with promotional text for Lamb Champs TV show airing Sundays 20:00 on kykNET channel 144 and available on Catch Up.
Woman standing in field with a flock of sheep and hills in the background, advertising the TV show Lamb Champs starting 16 March on kykNET at 20:00 Sundays.

Waaroor gaan die reeks?

Waar kom daardie sappige lamsvleis op jou kole vandaan? Wie is die boere wat dit moontlik maak? Hierdie is nie net ‘n program oor skaapboerdery nie – dit is ‘n storie oor familie, tradisie en passie!

In Lamb Champs se tv reeks neem ons jou regoor Suid-Afrika, waar ons 6 skaapboere van verskillende streke volg. Hulle deel hul storie, hul uitdagings en hul trots – die uitsonderlike lamsvleis wat uiteindelik op jou bord beland.

Lamsvleis is steeds ‘n ware familieproduk – iets spesiaal wat ons met geliefdes deel. Anders as hoender, bees en vark wat oor die jare verwerk is tot nugget-, patty- en worsformate, is lamsvleis nog lamsvleis. Dit bly ‘n ware, rou, natuurlike produk – en dit is wat Lamb Champs vier.

Saam met Saai, Pick n Pay en Toyota bring ons jou nader aan die mense agter die vleis. Dit gaan oor meer as net boerdery – dit gaan oor die storie agter die tjop op die rak.

Bly op hoogte van ons pogings om die Suid-Afrikaanse landbou te beskerm—skryf vandag in vir ons poslys!
Thank you! Your submission has been received!
Oops! Something went wrong while submitting the form.

Farmers

Anton Nel

Anton Nel

Somerset Oos, Eastern Cape

Enoch & Tseleng Ralehoko

Enoch & Tseleng Ralehoko

Beaufort West, Western Cape

Trudine Leonard

Trudine Leonard

Kroonstad, Freestate

Hendrik, Boela & Coenie

Hendrik, Boela & Coenie

Groblersdal, Limpopo

Jason Davel

Jason Davel

Reitz, Freestate

Gawie van Heerden

Gawie van Heerden

Victoria Wes, Northern Cape

Five people standing together smiling in front of a scenic backdrop, three men wearing shirts with 'saai' logos and two women in dresses.

Wie is Saai?

Saai is gestig om familieboere op hulle plase te hou.

Saai raak betrokke by alles wat die verskynsel van familieboerderye kan help oorleef; toegang tot finansiering, versekering, tegnologie, bemarking, politieke beleid, veiligheid, opvolgbeplanning en kompeterendheid.

In Saai doen ons baie moeite om klein dorpies staande te hou. Ons fokus op laerskole, gemeentes, koöperasies en gemeenskapsaktiwiteite ter wille van daardie gesinne vir wie dit hulle naaste dorp is.

Baie mense in die stad het nie meer ‘n oom of ‘n oupa wat boer nie, en hulle belewenis van kos eindig by ‘n winkelrak. Saai probeer die wêreld agter die rak vir hulle oopmaak en om hulle voor te stel aan die boer wat sorg dat daar nog goeie kos op die rak is.

Wie moet ’n Saai ondersteuner word?

Saai-lidmaatskap is ontwerp vir enigiemand wat familieboerdery ondersteun, daarvan afhanklik is of dit wil beskerm.

Of jy nou self ’n boer is, deel is van die landbouwaardeketting, of net iemand wat in volhoubare en onafhanklike voedselproduksie glo, Saai is vir jou.

Word n Saai ondersteuner

What is Saai’s relationship with Lamb Champs?

Saai (Southern African Agri Initiative) was established with the goal of keeping family farmers on their farms. They work tirelessly to protect and support family farming, especially in challenging times when large corporations are increasingly taking over agricultural industries. Saai’s focus spans access to financing, insurance, technology, marketing, political policy, security, succession planning, and sustainability—all aimed at ensuring the viability of family farmers.

Lamb Champs was born from this core mission of Saai—to celebrate and protect the importance of family farmers. Unlike chicken, beef, and pork, which are now largely controlled by big commercial corporations, sheep farming remains in the hands of family farmers. This makes lamb unique—it is not just a commercial product but something cultivated with care and tradition, passed down through generations.

Stay informed about our efforts to protect South African agriculture—subscribe to our mailing list today!
Thank you! Your submission has been received!
Oops! Something went wrong while submitting the form.
Anthropomorphic sheep with curly wool wearing a gray buttoned shirt with saai logo, against a colorful blue and red background, with the word INITIATIVE in bold white vertical text.

Word nou ‘n Saai ondersteuner

Bly op hoogte van ons pogings om die Suid-Afrikaanse landbou te beskerm—skryf vandag in vir ons poslys!
Thank you! Your submission has been received!
Oops! Something went wrong while submitting the form.

As jy eet, dank ‘n boer. As jy omgee sluit aan by Saai