Saai bied aan Lamb Champs 2024 by Pretoria Nasionale Botaniese Tuine op 20 Julie 2024. Tydens hierdie onvergeetlike geleentheid sal familieboere van regoor Suid-Afrika saamkom om te bepaal wie die lekkerste lam-en-bokvleis het en dan as die wenner van Lamb Champs 2024 gekroon te word en met die prysgeld van R50 000 huis toe te gaan! Maak gereed vir ‘n nog groter en beter jaar terwyl ons 100 skape en 50 bokke verwelkom na die kompetisie.