BEMAGTIG ‘N KIND DONATION

Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie inisiatief om kinders se lewe te verander
Kinders is ‘n kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ‘n klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle ‘n brug te bou na beter omstandighede, byvoorbeeld koshuisgeld, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig of terapie.

https://helpendehand.co.za/bemagtig-n-kind/Elke aansoek om hulp word deur ‘n paneel bespreek en op meriete beoordeel, en elke kind se individuele behoeftes word in ag geneem wanneer die aansoeke oorweeg word.

Die administrasie en finansies van suksesvolle aansoeke word deur Helpende Hand se maatskaplike en finansiële afdelings behartig en geen betalings word direk aan ouers gemaak nie; alle gelde word aan die betrokke instansie self oorbetaal.

Die fondse wat vir die Bemagtig ‘n Kind-projek aangewend word, vorm deel van die JD Kestell-gedenkfonds. Dié fonds is vernoem na dr. John Daniel Kestell, oftewel Vader Kestell, soos hy bekend was – een van die merkwaardigste figure in Afrikaanse geledere. Vader Kestell is in sy eerste bedieningsjare as predikant só geraak deur die verarming van die Afrikaner dat hy besluit het om sy lewe daaraan te wy om verarmde Afrikaners geestelik, kultureel en maatskaplik op te hef. Vir Vader Kestell was onderrig die sleutel tot die verbreking van die armoedekringloop. Solidariteit Helpende Hand volg ook, soos Kestell, ‘n benadering van opheffing deur opleiding om die armoedesiklus te verbreek. Ons nooi jou om ‘n bydrae tot die JD Kestell-gedenkfonds te maak sodat meer kinders deur die Bemagtig ‘n Kind-projek bygestaan kan word.

‘n Klein bydrae kan ‘n reuseverskil in ‘n kind se lewe maak. Met die Bemagtig ‘n kind-projek, ‘n gesamentlike inisiatief van Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in ‘n nuwe rigting te stuur.

More info: https://helpendehand.co.za/bemagtig-n-kind/

R20.00R200.00

available from 1 February 2023

Please fill in your details below and we’ll let you know when tickets become available.
Malcare WordPress Security