Jongste Nuus

Lamb Champs: Celebration of Family Farmers and South African Lamb

Lamb Champs: Viering van Familieboere en Suid-Afrikaanse Skaapvleis

Elke sappige lamtjop het ‘n storie. Dit is ‘n storie van gesinne wat voor sonsopkoms begin werk, van generasies se sorg en toewyding, van trots op ‘n produk wat met eerlikheid en harde werk grootgemaak is. Dit is die storie van familieboere – en dit is hoekom Saai Lamb Champs begin het.

Chrisna Vermeulen stap met louere weg as 2024 se Karoo-kampioen

Die 2024 Karoo Lamb Champs is vanjaar gehou in die historiese Pastoriestraat in Graaff-Reinet, en het weereens die uitsonderlike kwaliteit en erfenis van Suid-Afrikaanse lamsvleisproduksie ten toon gestel. Dié geleentheid, ’n viering van die beste Karoo-lam, is afgesluit met Chrisna Vermeulen wat as die uiteindelike kampioen gekroon is vir die vervaardiging van die lekkerste lam van die jaar.

Lamb Champs kondig vennootskap aan met Karoolam-konsortium vir komende kompetisie in Graaff-Reinet

Lamb Champs is verheug om ’n nuwe vennootskap met die Karoolam-konsortium aan te kondig vir die komende Karoo Lamb Champs-kompetisie, wat op 14 Desember in Graaff-Reinet plaasvind. Hierdie vennootskap is ’n enorme mylpaal vir Lamb Champs, aangesien dit nog ’n element van egtheid aan die oorsprong (geografiese aanduiding (GI)) van die Karoolam bring, wat die belangrikheid van die beskerming van die unieke, streekspesifieke kwaliteit van gesertifiseerde Karoolam versterk.

Lamb Champs 2024: Die Vrystaat bied ’n viering van plaaslike lamsuitnemendheid aan

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai) is opgewonde om die wenners van die Lamb Champs Reitz 2024-kompetisie aan te kondig, waar die beste lamsvleis in die Vrystaat ten toon gestel en gevier is. Hierdie geleentheid, wat by die Bielie Mielie Feesgronde in Reitz gehou is, het 37 plaaslike boere meegeding om te bepaal wie die lekkerste lam in die streek het.

Vrystaatse lam wen by Lamb Champs 2024

Besoekers aan die Lamb Champs 2024 is gister by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin begroet met die mondwatergeur van geurige lamsvleis wat op 100 spitte braai. Die weer het pragtig saamgespeel en gesorg vir ’n heerlike warm wintersdag toe vanjaar se Lamb Champs-kampioen bekroon is.

Necking Lamb: Hier is die wenners van Lamb Champs-kompetisie

Albei wenboere het vanjaar vir die eerste keer aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem. Die kompetisie was straf en die prysgeld groot, maar albei het die ervaring en voorbereiding baie geniet.

Smaaklikste lamsvleis kom van die Vrystaat

Skaapvleis was op almal se lippe op meer as een manier tydens 'n kompetisie om die smaaklikste lamsvleis in die land te vind.

Boere is vuur en vlam vir Lamb Champs 2024

Die landbounetwerk Saai bied op Saterdag 20 Julie die derde Lamb Champs-kompetisie by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aan. Boere van regoor Suid-Afrika gaan met hul lammers teen mekaar meeding om te bepaal wie die lekkerste lam- en bokvleis produseer.