Lamb on a spit at lamb champs 2024

16/06/2022

Boere is vuur en vlam vir Lamb Champs 2024

Die landbounetwerk Saai bied op Saterdag 20 Julie die derde Lamb Champs-kompetisie by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aan. Boere van regoor Suid-Afrika gaan met hul lammers teen mekaar meeding om te bepaal wie die lekkerste lam- en bokvleis produseer.

Paul van Rooyen van Rouxville in die Vrystaat, verlede jaar se wenner met sy Meatmaster-lam, sรช behalwe vir die heerlike samesyn en direkte blootstelling aan verbruikers het die kompetisie wondere vir belangstelling in die Meatmaster-ras gedoen.

โ€œOns is te ver van die groot stede af om op groot skaal vleis te kan lewer aan almal wat nรก die kompetisie navraag gedoen het, maar ons kon wel รกl die boere wat oor die Meatmaster navraag gedoen het, met raad en daad bystaan.โ€

Van Rooyen sรช hy gaan vanjaar weer die lang pad aandurf om aan die kompetisie deel te neem.

Nathan Naudรฉ van Steynsburg op die grens van die Oos-Kaap en die Noord-Kaap, het in 2022 die prysgeld van R50 000 met sy Geelbek Merino-lam huis toe geneem. Hy skryf sy boerderysukses toe aan goeie teelmateriaal en voerpraktyke. Hulle voer hul eie lammers wat uit hul geslote kudde geteel word volgens ‘n praktyk wat Nathan se oupagrootjie, Fanie, vier geslagte gelede begin het.

Hulle meng hul eie rantsoene en Nathan glo dit maak die verskil. โ€œOns weet presies wat ons diere vreet en verseker dat slegs goeie gehalte bestanddele in hul voermengsel gebruik word.โ€

Nathan is opgewonde oor Saai se planne om ‘n Lamb Champs-handelsmerk op die been te bring. Dit sal baie help sodat boere wat in die kleinhandel meeding, โ€™n premieprys vir hul produkte kan verdien.

Die eerste Lamb Champs is in 2022 op die terrein van die Harlequins Rugbyklub in Pretoria aangebied, waar tien beoordelaars 50 boere se lammers beoordeel het. Sowat 2 000 gaste het opgedaag om te proe hoe Suid-Afrika se beste lamsvleis smaak.

Verlede jaar was daar 100 lammers op die spit en vir die eerste keer ook โ€™n bokvleiskompetisie, met 5 000 mense wat vir die feesmaal opgedaag het.

Vanjaar word 100 lammers en 50 bokke gebraai. Die prysgeld vir die wenner van die kompetisie is weer R50 000.

Lamb Champs Pretoria 2024 aerial view
Stalls at Lamb Champs Pretoria 2024