Entrance of Lamb Champs Pretoria 2024

23/06/2024

Necking Lamb: Hier is die wenners van Lamb Champs-kompetisie

Albei wenboere het vanjaar vir die eerste keer aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem. Die kompetisie was straf en die prysgeld groot, maar albei het die ervaring en voorbereiding baie geniet.

Die landbounetwerk Saai het Saterdag 20 Julie die derde Lamb Champs-kompetisie in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aangebied. Beide wenners in die lam- en bokvleisafdeling is van die Vrystaat.

Lam het homself bewys

Jason Davel van die Donkerberg-boerdery in Reitz se รŽle de France-lam het in die lamsvleisafdeling met die louere weggestap.

โ€œOm net daar te wees en verhoudinge te bou met mense wat daar is, is reeds โ€™n geweldige ervaring. Om te wen, voeg net soveel meer waarde tot alles. Dit het ons nou op die kaart geplaas en ek sien uit om te kyk wat dit vir ons boerdery vorentoe gaan beteken,โ€ het Davel gesรช.

As dit by die voorbereiding van die lam kom, meen hy, speel die ooi ook ‘n baie groot rol. “Ons het ooie in vorige lamkompetisies, soos die Royal Show se karkaskompetisie en die Bieliemieliefees-lamkompetisie, getoets om te sien hoe die lammers uitkom. Natuurlik is die ram ook ‘n faktor om in ag te neem. Ons gebruik net ramme in ons kudde .”

Davel het egter nie al sy eiers in een mandjie gesit nie. Nadat hulle vasgestel het watter ooi en ram saam โ€™n goeie lam sou maak, het hy tien lammers gehad om van te kies vir diรฉ kompetisie. Hy meen sy voorbereiding van die lammers was ook anders.

โ€œOns speen lammers op 60 dae. Van daar af gee ons hulle kruipvoer. Ons wil graag oor 120 dae kan slag. Ons gebruik voer van Meadow Feeds, en dit is getoets en gee ons uitstekende resultate. So ‘n ongelooflike hoeveelheid voorbereiding gaan in die lam.

โ€œDie werk is een ding, maar die liefde wat ons daarin sit om te kyk dat elke lam goed vaar, is wat vir ons besonders was.โ€

Om te wen is vir hom โ€™n groot voorreg en hy het dit glad nie verwag nie. โ€œMaar hierdie Lamb Champs-kompetisie het net vir my bewys dat ek die regte ding doen en dat ek op die regte pad is.โ€

Bokvleis is gesonde vleis

Danie Strauss, eienaar van Central Saleyard en mede-eienaar van die Boerbokstoetery Rietkuil in Philippolis in die Vrystaat, se bokvleis het in diรฉ afdeling koning gekraai. Hy meen daar is ‘n groot aanvraag na bokvleis omdat dit soveel gesonde eienskappe het.

โ€œDaar is โ€™n ongelooflike behoefte aan bokvleis in Suid-Afrika, maar dis heelwat duurder as lamsvleis en is dus nie op die rakke beskikbaar nie. Bokvleis het soveel gesondheidseienskappe, byvoorbeeld sy vet is laer aan cholesterol as hoendervleis.โ€

Strauss het vir diรฉ kompetisie ingeskryf omdat hy graag wou hรช dat die Boerbokras tot sy reg moet kom.

โ€œDie Boerboksras is die grootste bokras in Suid-Afrika en ons veredel dit al baie lank.โ€

Hy het gesรช om โ€™n lam voor te berei vir die kompetisie was maar โ€œhap en raapโ€.

โ€œDie lam wat ek gebruik het, het gekom van ongelooflike teelmateriaal wat ek in my stoetery gebruik het. Ek het die lam reeds in Maart op die veld gesit, wat ek dink hom daardie veldsmaak gegee het wat ek gehoop het hy kon deurdra. Ek het hom nie hard gevoer nie, net goed gevoed.

โ€œToe ek die bokkie laat slag het, wou die slagter hom nie as โ€™n A2-karkas klas nie, maar ek het geweet die bokkie is goed gevoer so dit sรช toe vir my sy marmering sit absoluut tussen sy vleis. Dit is ook een van die Boerbokras se groot eienskappe โ€“ die marmering. En ek is oortuig daarvan dat dit een van die redes is hoekom hy die wenner was.โ€

Die Boerbokras word wรชreldwyd uitgevoer. “Ek dink dat ons gewen het, beteken baie vir die uitvoer van Boerbokke. As dit by die vleiseienskappe kom, word dit beslis as die nommer een ras gesien.”

Hoe werk die beoordeling?

Dirk Lamprecht, sakebestuurder van Landbouweekblad, was vanjaar een van die beoordelaars by die Lamb Champs. Ons het โ€™n beroep op hom gedoen om te hoor wat die beoordelaars soek vir die lekkerste lam- en bokvleis om uit te wys.

โ€œVir die beoordeling van die vleis, moes elke beoordelaar โ€™n app aflaai waarop hulle die vleis meet. Elke beoordelaar is in โ€™n groep van drie mense ingedeel en die groep het 20 skape of bokke se vleis geproe.โ€

Vir diรฉ kriteria word punte gegee:

  1. Voorkoms โ€“ kyk na kleur, sening en vetgehalte
  2. Reuk โ€“ kruidagtig, wild, vars of swaelagtig.
  3. Geur โ€“ die beoordelaars proe almal dieselfde snit. Is dit bitter, soet of suur.
  4. Sagheid โ€“ val die vleis van die been af, hoe maklik sny die vleis, en is dit taai.
  5. Tekstuur โ€“ draderig, melerig, en hoe ferm dit is.
  6. Sappigheid โ€“ droog, sappig, het dit vet in, is dit waterig?
  7. Gevoel in die mond โ€“ smelt dit weg in jou mond.
  8. Algehele gevolgtrekking.

โ€œAl die groepe doen hulle beoordeling en die 15 top-diere gaan deur na die volgende ronde waar onder andere professionele sjefs hul beoordeling doen om die wenners te bepaal.โ€

Lamb Champs pretoria 2024 banner
Danie Strauss' goat meat won