Lamb Champs Pretoria – Kaartjies

Pretoria Botaniese Tuine

20 Julie 2024 | 10:00 | Nasionale botaniese tuine van Pretoria

R250 per volwassene en R100 vir kinders jonger as 12 en kinders onder 3 verniet.

Maak gereed vir ‘n dag vol lekker lam-en-bokvleis, musiek en vermaak!

100 skaapboere en 50 bokboere van regoor Suid-Afrika gaan saamkom om te bepaal wie die lekkerste lam-en-bokvleis het en dan as die wenner van #LambChamps2024 gekroon te word!

Ons wil kort rye en vinnige diens verseker, dus gaan ons al 100 skaapspitte gelyktydig oopmaak om 12:30 en die 50 bokspitte om 15:30. Onthou, daar is geen beperking op die hoeveelheid spit wat jy mag eet nie, maar dit is net geldig terwyl voorraad hou.

Ons tradisionele skaapkopkompetisie is oop vir almal wat dit waag om ‘n skaapkop blink te eet en ‘n 500 ml bier klaar te drink onder 15 minute. Beperkte plek vir 50 deelnemers!

Daar sal ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies wees, twee biertente en ‘n kinderspeelarea vir die kleinspan.

Die jaar verwelkom ons 5 gaskunstenaars op die Lamb Champs verhoog, Jay du Plessis, Eloff, Jan Jan Jan, Appel en Adam Tas.

Bly tot die einde om die toetswedstryd tussen die Springbokke en Portugal in al sy glorie op die groot skerm te aanskou!

Kaartjies sluit al die bogenoemde in!

Neem asb. kennis:
• Geen Gazebo’s of sambrele word toegelaat nie.
• Eetgerei word voorsien.
• Geen koelbokse, eie drankies of versnapperings word toegelaat nie.
• Kampstoele word toegelaat.
• Onthou ‘n hoed en sonbrandroom.
• Die geleentheid sal kontantloos wees, maar kaartfasiliteite is beskikbaar.

Druk hierdie kaartjie of stoor dit op jou foon om toegang tot Lamb Champs 2024 se hekke te kry.

 

R100.00R250.00

beskikbaar vanaf 1 februarie 2023

Voltooi asseblief die besonderhede hier onder sodat ons jou kan laat weet as kaartjies beskikbaar is.
Malcare WordPress Security