Lamb being cooked on a spit at Lamb Champs Pretoria

22/06/2024

Smaaklikste lamsvleis kom van die Vrystaat

Skaapvleis was op almal se lippe op meer as een manier tydens ‘n kompetisie om die smaaklikste lamsvleis in die land te vind.

Jason Davel van Donkerberg in die Vrystaat se lamsvleis van sy Ile de France-skaapkudde is aangewys as die beste lamsvleis by die Lamb Champs-kompetisie wat deur die familieboernetwerk Saai op 20 Julie by die Pretoria Botaniese Tuin aangebied is.

Davel het weggestap met die eerste prys van R80 000.

Gawie van Heerden van Noord-Kaap het die tweede plek behaal met sy Merino-lamsvleis en in die derde plek was Colene van der Merwe van Noord-Kaap met haar dormer-skaapvleis.

Dit is die derde jaar wat die kompetisie in Pretoria aangebied is. Die deelnemende boere se uitdagings en suksesse sal ook eersdaags in โ€™n TV-program gesien kan word.

Meer as 8 000 mense het die vleisfees bygewoon en reeds vroeg was die sappige reuk van die skape op die spitte in die lug en het monde gewater.

Die beoordeelaars was vroeg aan die proe en die publiek kon vanaf 12:30 ook vir hulself proe en weglรช terwyl die musiek van kunstenaars van die sanggroep Jan Jan Jan en gewilde sanger Eloff hul vermaak het.

Sjarmante gasvrou en bekende TV-aanbieder, Minki van der Westhuizen, het die skare vermaak en talle pryse uitgedeel.

Die hoogtepunt van die dag vir vele was die skaapkop-eet-kompetisie toe sowat 50 deelnemers elk โ€™n skaapkop blink moes eet en โ€™n 500ml bier klaar drink onder 15 minute. Die kompetisie is gewen deur JP du Preez van De Aar.

Bekende bantam-gewig UFC-vegter, Cameron Saaiman, is as aanbieder van die Moer โ€™n Boer TV-reeks van die boere wat teen gevestigde vegters op die reeks vanaf 25 Julie te siene gaan wees op die VIA-kanaal, aan die gehoor voorgestel. Twaalf rateltaai plaasboere is vroeรซr vanjaar gekies en is in die MMA-gevegskuns opgelei.

Pretoria word deur Zac Steyn, โ€™n Angus-beesboer, verteenwoordig in die gevegskompetisie.

Two of the judges of the Lamb Champs mutton competition: Frans Cloete and Pieter Labuschagne from Pretoria-ooos
Giel and Evandre Bekker from Pretoria-east at Lamb Champs 2024