Lamb Champs Pretoria 2024

21/06/2024

Vrystaatse lam wen by Lamb Champs 2024

Besoekers aan die Lamb Champs 2024 is gister by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin begroet met die mondwatergeur van geurige lamsvleis wat op 100 spitte braai. Die weer het pragtig saamgespeel en gesorg vir โ€™n heerlike warm wintersdag toe vanjaar se Lamb Champs-kampioen bekroon is.

โ€™n Vrystaatse รŽle de France-lam het vanjaar koning gekraai. Jason Davel van Reitz in die Vrystaat, wat met รŽle de France-skape boer, is as die wenner van Saai se Lamb Champs 2024-kompetisie bekroon.

Hy het R80 000 kontant en verskeie ander pryse gewen, asook โ€™n brons trofee ter waarde van R85 000 deur die beeldhouer Nic van Rensburg.

Diรฉ gewilde kompetisie is op Saterdag 20 Julie by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin gehou en was weer โ€™n reuse-sukses. Sowat 8 000 mense het die geleentheid bygewoon en kon 100 skaap- en 50 bokboere se lams- en bokvleis proe om te bepaal wie sโ€™n nou eintlik die lekkerste is.

Gawie van Heerden van Victoria-Wes in die Noord-Kaap het die tweede plek behaal met sy Merino-lam en Colene van der Merwe van Williston in die Noord-Kaap was derde met haar Dormer-lam. Hulle het onderskeidelik R40 000 en R15 000 gewen.

Danie Strauss van Rouxville in die Vrystaat was aangewys as die wenner in die bokkategorie, waar daar ook strawwe kompetisie was vir die eerste plek. Hy het R25 000 gewen.

Vanjaar is die derde jaar dat die kompetisie gehou word, maar wat dit hierdie keer uniek maak, is Pick n Pay se toetrede as hoofborg. Deur hierdie vennootskap sal verbruikers nou die Lamb Champs-boere se vleis eksklusief by hul naaste Pick n Pay kan koop.

โ€œDie doel van hierdie kompetisie is om die boer agter die skaaptjoppie aan die verbruiker bekend te stel,โ€ sรช Theo de Jager van Saai.

Pick n Pay-vennootskap sorg vir nuwe televisieprogram

Pick n Pay se betrokkenheid het nie net bygedra tot die sukses van die dag nie, maar tot die begin van โ€™n opwindende nuwe televisieprogram. Diรฉ program, wat tans verfilm word, sal kyk na die verhale van die familieboere wat deelgeneem het. Die program sal middel 2025 uitgesaai word en die persoonlike en professionele reise van die boere, asook hul struikelblokke en suksesse in die Suider-Afrikaanse landboulandskap uitlig.

โ€œOns is opgewonde oor die vennootskap met Pick n Pay. Hierdie geleentheid bied nie net meer blootstelling aan ons boere nie, maar beklemtoon ook die unieke stories agter elke familieplaas. Dit gaan oor meer as net โ€™n handelsmerk; dit gaan daaroor om โ€™n storie oor lamsvleis te skep wat die diversiteit en gehalte van ons streke uitlig,โ€ sรช Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

Feeste reg oor Suid-Afrika

Die nasionale Lamb Champs-byeenkoms in Pretoria was net die begin van โ€™n opwindende reis wat voorlรช. Die klem sal nou na die Vrystaat verskuif, waar 50 lammers op 28 September vir 2 500 gaste op Reitz gespitbraai gaan. Die jaar word op 15 Desember in Graaff-Reinet afgesluit, waar 1 000 mense aan die vleis van 30 lammers sal kan weglรช. Elke geleentheid is ontwerp om die unieke geure en tradisies van daardie streek uit te lig, plaaslike ekonomieรซ te versterk en die stories agter die plase te vier.

Lamb on a spit at lamb champs 2024
Entrance of Lamb Champs Pretoria 2024