LAMB CHAMPS 2023

BORGSKAP

Elke familieplaas regoor Suid-Afrika sal stry dat hĂșl lamsvleis die heel lekkerste smaak. Die

Vrystaters glo dat hul merino’s die beste smaak, maar stry oor die verskille tussen Noorden

Suid-Vrystaatse merinovleis. Die Kapenaars is oortuig daarvan dat hul losloop Karoo-lammers

koning kraai, maar is nie eensgesind oor of die beste uit die Williston-, Carnarvon of Calvinia

omgewing afkomstig is nie. Die debat loop nog altyd hoog en dis tyd dat ons ‘n wenner verklaar!

Braai Vir Die Lamb Champs 2023 Titel

Op 29 Julie 2023 bied Saai Lamb Champs 2023 aan by Loftus Versveld. Op dié dag kry 100 familieboere van regoor Suid-Afrika die geleentheid om hul héél beste lammers op die spit te braai vir die gesogte LambChamps 2023 titel en R50 000 prysgeld. Lamb Champs 2023 gaan groot wees met dubbel die aantal familieboere wat gaan deelneem, wat beteken meer vleis, meer toeskouers, meer kunstenaars en meer pret!

 

Ons is ook besig om ‘n tv reeks te skiet van 10 episodes wat aangebied gaan word deur Meyer Le Roux medestigter van die Buffelsfontein-handelmerk. In hierdie reeks, wat vorige seisoen ongeveer 300 000 tot 400 000 kykers per episode gehad het, gaan ons 1 boer in elke provinsie besoek en kyk hoe lyk hul skaapboerdery en hoe hul verkies om skaapvleis gaar te maak.

Lamb Champs wil graag plaaslike besighede die geleentheid gee om met hierdie ongelooflike fees geassosieer te wees en ‘n integrale deel daarvan te wees. Lamb Champs bied 4 verskillende borgskappakkette aan, elk met hul eie voordele. Lees hieronder vir meer inligting oor elk.

BORG OPSIES

PAKKET C2 - R50 000

  • Logo op Lamb Champs episodes.

  • Blootstelling op Lamb Champs Facebook blad.

  • Logo op alle advertensies vir die fees.

  • Uitstal spasie van 3m x 3m.

  • 4 VIP ingaangskaartjies.

  • Logo op 1ste, 2de, en 3de plek tjeks.

PAKKET B2 - R100 000

  • Logo op Lamb Champs episodes.
  • Blootstelling op Lamb Champs Facebook en Instagram blad.
  • Logo op verhoog ‘branding’.
  • Logo op 1ste, 2de, en 3de plek tjeks.
  • Logo by die ingang en parkering van die fees.
  • 6 VIP ingaangskaartjies.
  • Uitstal spasie van 6m x 6m.

PAKKET A2 - R150 000

  • Logo op Lamb Champs episodes.
  • Mention van ‘brand’ op 1 episode van Lamb Champs.
  • Blootstelling op Lamb Champs Facebook en Instagram blaaie, en op Saai se Facebook blad.
  • Your company is mentioned by the Masters of Ceremonies Minki van der Westhuizen during the festival.
  • Logo op 1ste, 2de, en 3de plek tjeks.
  • Uitstal spasie van 9m x 9m.
  • 8 VIP ingaangskaartjies.
  • Logo op TV advertensie.
  • Promosie items kan uitgee word by fees.

PAKKET A3 - R250 000

(SLEGS 2 BESKIKBAAR)

  • Logo op Lamb Champs episodes.
  • 2-minute insetsel van ‘brand’ op 1 episode van Lamb Champs.
  • Blootstelling op Facebook blaaie van Lamb Champs, SAAI en Meyer le Roux.
  • Logo op armband/kaartjie.
  • 30 second video van keuse kan vertoon op skerms gedurende fees.
  • Logo op 1ste, 2de, en 3de plek tjeks.
  • Uitstal spasie van 12m x 12m.
  • 10 VIP ingaangskaartjies.
  • Logo op hemde vir veesgangers te koop.
  • Logo op hemde vir deelnemers.

beskikbaar vanaf 1 februarie 2023

Voltooi asseblief die besonderhede hier onder sodat ons jou kan laat weet as kaartjies beskikbaar is.
Malcare WordPress Security